Home Cover Pic

ONS ROEPING

God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend vir almal te wees.

Mosselbaai is ’n besonderse gemeenskap met ’n ryk geskiedenis, dinamiese groei en ’n opwindende toekoms. Dit is ’n voorreg vir ons gemeente, ’n kerk in die middedorp van Mosselbaai, om God se hart vir elke inwoner en besoeker te weerspieël

Ons roeping is eenvoudig maar diep: God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend vir almal te wees. By ons eredienste is almal welkom – oor generasies, spiritualiteite en style heen – want God is die middelpunt van ons aanbidding.

Elke persoon is belangrik, en ons toegewyde span personeel en bedienaars leef hierdie roeping daagliks uit. Ons glo dat gesinne in alle vorme ook kerk is en dat die familie in vennootskap met die gemeente groei. Met spontane gasvryheid, liefde en warmte skep ons ’n tuiste vir mense deur familiefeeste en kleingroepe, waar verhoudings floreer en geloof verdiep.

EREDIENSTYE

08:00

10:00

18:00

08:00

10:00

18:00

FAMILIENUUS

Weeklikse nuusbrief – 16 Augustus 2026 

SENDINGWERK

Saam leef ons ons roeping uit om God se liefde plaaslik en wêreldwyd sigbaar te maak. Leer meer oor ons gemeente se betrokkenheid by sending en dienswerk.

HUWELIK
DOOP
BEGRAFNIS

Skakel asseblief vroegtydig die kerkkantoor vir inligting en reëlings of kry vorms hier. 

Huweliksbevestiging
Doop
Begrafnisvorm

NUWE LIDMATE

Alles wat nuwe lidmate moet weet om deel te word van die NG Mosselbaai geloofsgemeenskap. Ons sien daarna uit om jou te leer ken en saam jou geloofspad te stap. 

Nuwe Lidmaat Besonderhede

JEUG

Die gemeente se Familie Bediening fokus op 4 elemente van familie-wees nl. Gesinne, Huwelike, ons Jeug en die Gemeente as Familie.

Lees Meer

Home Bottom Pic