Een van ons kern-patrone as Gestuurde gemeente is: Ons leef in afhanklikheid van die Heilige Gees. Dis ook hoekom dit so goed is om die jaar af te skop met 'n week van gebed. Kobus van Zyl, sendeling dominee wat gereeld op korttermyn uitreike is en die Brandhout vir Jesus projek vanaf sy plaas bedryf, rus gereeld gemeentes toe vir 'n gebedsbediening. Hy kom dus weer, soos verlede jaar, vanaf Sondagaand, 16 Januarie (18:00) tot Donderdagaand, 20 Januarie (weeksaande 18:30) ons week van gebed lei. Kom bid asseblief saam vir ons gemeente en sy bedieninge, vir ons dorp, Suid-Afrika en die wêreld.