Borrelklub

Die Borrelklub is die plek waar al die maatjies (graad 1 tot graad 3) op 'n  Sondagoggend om 09:00 bymekaar kom.   Daar sing ons eers baie lekker saam met tannie Bessie en die kitaar en dan het ons 'n gesamentlike lessie.   Aan die einde van die lessie gaan elke graadgroep na sy eie klassie waar ons dan lekker knip en plak.