NG Kerk Mosselbaai Dutch Reformed Church Mossel Bay
JANNIE MOOLMAN : NG MOEDERGEMEENTE, MOSSELBAAI
SONDAG, 12 FEBRUARIE OM 18:00
Die baie bekende Jannie Moolman en sy Pianis kom tree op Sondagaand, 12 Februarie om 18:00 in ons kerkgebou op. Met die LIEFDE as tema sal hierdie aand mos onvergeetlik wees. Jannie is bekend in Suid Afrika vir sy besonderse stem. Hy het ook al verskeie toekennings ontvang waaronder die FNB Vita Life toekenning, asook die Staatsteater toekenning. Jannie het ook al verskeie internasionale toekennings ontvang waaronder die Belvedere Internasionale Sang- kompetisie in Wenen. Kom geniet ‘n puik kunstenaar saam met ons en dra sommer op hierdie manier by tot ons gemeente se finansies.
Ons gaan ‘n Kollekte opneem teen ‘n minimum bedrag van R50-R100. Skakel gerus ons Kerkkantoor by 044-691 2465 vir verdere inligting.

Dis ‘n reeks waarmee die Gees ons op ‘n reis deur Handelinge neem – die handelinge van gelowiges, maar veral van die Opgestane Jesus en Sy Gees wat lewens verander. Barnabas is een weggesteekte juweel tussen al die verhale waarmee ons gaan kyk na hoe gelowiges op ‘n nuwe manier leer leef onder die vervulling van die Gees! Afgesien van die preke, kan jy gerus aansluit by ‘n kleingroep... skakel Franci 082 688 0298
Homes Gomes en Lagnes kom gesels elke aand om 18:00 met ons oor “teit”!
Welkom by die NG Moedergemeente op Mosselbaai.