Die verantwoordelikheid om die roeping van die gemeente as Gestuurde van God duidelik te visioneer, lê by die kerkraad (wat uit bogenoemde bedieningsleiers bestaan).  Hulle word hierin begelei deur die leraars wat saam met 2 proses-ouderlinge (Petrie Cronje en Francois Rademan), die leier van finansies en ‘n ouderling van ‘n betrokke bediening ‘n dagbestuur of bestuurspan vorm.