Kersdag: “Streetwise for Jesus”
Ons het weer hierdie jaar ons "Streetwise for Jesus"-projek. Almal van ons het tog op Kersdag heelwat kos oor, nadat ons ons kersmaaltyd geniet het. Wanneer jy dus begin opskep, skep asb sommer 'n ekstra bord kos en bring dit vir ons na die Klipkerksaal toe. Indien die bord kos vroeg al reg is, kan dit vanaf 08:00 gebring word. Die afsnytyd is 13:00. Hierdie etes word dan in die groter Mosselbaai versprei, om op hierdie manier die liefde van Jesus uit te leef.
| < Prev | Next > |
|---|
