Snoekbraai

SNOEKBRAAI : VRYDAG,  24 FEBRUARIE 2012

worsbraaiKom geniet ‘n heerlike snoekbraai as voorspel tot hierdie jaar se fietstoer! Die fietstoer gaan bekend staan as die Twee Oseane Fietstoer vir die Vervolgde Kerk. By die snoekbraai sal daar geleentheid wees om te gesels met Mike Burnard, kenner van die vervolgde kerk.

Van die fietsryers sal  in aksie gesien kan word  en jy kan ‘n splinternuwe fiets  wen.

Ons bied aan: Geurige snoek, patats, brood en konfyt.

Jy bring: Eie eetgerei en drinkgoed en R40 per volwassene en R20 per kind onder 12 jaar.

Skryf asb jou naam en aantal persone op een van die lyste in die voorportaal en by die deure om aankope en beplanning te vergemaklik. Jy kan ook vir Bessie by die kerkkantoor bel om jou naam op die lys te plaas.