ENGELTJIE-PROJEK

ENGELTJIE-PROJEK 4 EN 11 DESEMBER

angels1Op 4 en 11 Desember word die Engeltjie-projek weer geloods.  Die engeltjies word verkoop teen R50 per engeltjie. Die fondse wat met hierdie projek ingesamel word, word aangewend om aan elke lid van die 25 gesinne wat tans deur Aksie Samaritaan versorg word, op Kersdag 'n maaltyd te gee.  Kom ons maak ons harte oop vir hierdie projek.