Ons steek grense oor

ONS STEEK GRENSE OOR OP SATERDAG, 12 NOVEMBER

Ons gemeente is 'n familie wat 'n verskil wil maak. Ons wil nie net saamkuier nie, maar ook skouer aan die wiel sit. Op Saterdag 12 November om 08:00 kom ons almal by die kerk bymekaar om van hier af op verskillende plekke in ons gemeenskap, waar ons alreeds betrokke is, 'n verskil te gaan maak.

Ons gaan verf, sweis, tuinmaak, skoonmaak en regmaak.  Ons gaan sommer net Jesus se liefde vir mense wys. Meld asseblief aan om op 'n praktiese manier by ons bure betrokke te raak.

Elke uitreikplek sal 'n uitreikleier he en daar sal presies aan almal gekommunikeer word waar, wanneer en hoe dinge gaan gebeur.