ONS ROEPING

God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend
vir almal te wees.

WELKOM!

BY DIE NG MOEDERGEMEENTE
OP MOSSELBAAI

Mosselbaai was Dorp van die Jaar in 2017! Dis ’n voorreg om kerk te wees in so ’n mooi
dorp met ’n lang geskiedenis, dinamiese groei en opwindende toekoms.

Ons gemeente in die middedorp wil God se hart vir almal in Mosselbaai en sy besoekers wys.
Daarom is ons roeping: God stuur ons om, soos Jesus, familie en vriend vir almal te wees.

By ons eredienste is almal welkom – verskillende generasies, spiritualiteite en style – want God
is die kern van ons aanbidding!

Ons gemeente wil met spontane, gasvrye liefde ‘n familie vir almal wees: individue asook gesinne met verskillende samestellings. Ons gereelde familiefeeste, kleingroepe en ander byeenkomste poog om ‘n tuiste te skep waar warmte, egtheid en spontanïteit ervaar word.

Almal is hier belangrik en ons personeel –  leraars, skriba, kassier, koster, musiekleier, jeughulp,
klankman, nutsman en skoonmaker – moet primêr die roeping voorleef.

EREDIENSTYE

  FAMILIENUUS

   Weeklikse nuusbrief – 17 Maart 2024
    Basaarboodskap

INSKRYWINGS

HUWELIK / DOOP /
BEGRAFNIS

Skakel asseblief vroegtydig die
kerkkantoor vir inligting en reëlings of kry vorms hier 
044 691 2465
admin@ngmosselbaai.co.za

FAMILIE BEDIENING

Twee vorme van interaksie dek die
res van die bediening se
bedrywighede nl Kursusse en
“Gemeente as Familie”-aktiwiteite.

JEUG

Die gemeente se Familie Bediening
fokus op 4 elemente van
familie-wees nl. Gesinne, Huwelike,
ons Jeug en die Gemeente as Familie.

GEBEURE